My oupa

2010 May 27

Created by Werner 13 years ago
Ek was baie jonk gewees. Ons was oppad na die winkels toe en het gekla dat ek nie lekker voel nie. Oupa het gevra of hy my moes dra, maar my ma het gese hy moenie na my luister nie want ek sit net aan. Later daardie dag was ek in hospitaal toe en my oupa het my altyd omverskoning gevra want hy sou my gedra het as hy geweet het. Nou wil ek die kans gebruik om vir jou te se dat jy nie sleg hoef te voel nie. Jy het nie geweet nie, en die feit dat jy aangebied het was meer as genoeg. Ek was te jonk om te verstaan maar nou weet ek vandag hoe jy gevoel het. Daar is niks om te vergewe nie, want jy is my oupa!!!