Werner 25th May 2010

DIE HERE IS MY HERDER Psa 23:1-6 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. 2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.